Monday, May 14, 2007

Op kultuur gebied word die volgende aktiwiteite aangebied: 'n Senior koor (graad 4 tot 7), junior koor (gr 1 tot 3), Omgeegroepe, Voortrekkers, redenaars, algemene kennis olimpiade, leierskap, skoolkoerantjie CP Brokkies, entrepreneurskap en uitreikaksies na die gemeenskap.
CP KultuurDie ideale opvoeding is 'n opvoeding waar daar 'n balans tussen akademie, sport en kultuurontwikkeling by die laerskoolkind is. Ons poog om al die kinders van ons skool bloot te stel aan 'n kulturele belewenis wat hulle kan onthou vir die res van hul lewe. Meer oor ons Kultuurbeleid




In 2006 het on 'n Kersspel opgevoer waaraan elke leerder deelgeneem het. Hierdie jaar voer ons 'n operette op met die senior afdeling, terwyl die grondslagfase aan die kunswedstryd gaan deelneem. Spreekkore, kore, drama-items, solo's, kuns ens. gaan inskryf. Wanneer ons revue hou, word die hele skool betrek. Ons Sentrum vir die Kunste spog met die volgende afdelings: Kuns, Drama, Klavier, Viool, Blokfluit, Kitaar, Klassieke- en Modernde ballet. Die name en telefoon-nommers van die afrigters is by die skoolkantoor verkrygbaar. KORE Ons is die enigste skool in Pretoria wat dit al reggekry het om as beste Junior en Seniorkore in een jaar by die kunswedstryde aangewys te word! Dus is ons kore ons trots. Albei kore is betrokke by die praktiese opleiding van die Universiteit van Pretoria se koorleiding studente.


Juniorkoor 2007 Die juniorkoor bestaan die jaar uit 75 leerders. Die koor streef na:
'n helder, ligte, ongeforseerde kinderkoorklank en dien as voedingskoor vir die seniorkoor. Enkele hoogtepunte van die koor:

2005:
Beeld Eisteddfod: Trofeewenner Doxa Deo Eisteddfod: Trofeewenner Super 12: Encore-toekenning Tirisano Eisteddfod: 2e plek ATKV Applous: Silwer toekenning
2006
Beeld Eisteddfod: Trofeewenner Super 12: Cum Laude-toekenning SA Schools Choral Eisteddfod-Trofeewenner ATKV Applous: Goud toekenning. Die koor is sedert 2004 o.l.v. Carinda Fourie met Betsie Sehaap en Ockie Vermeulen as begeleiers. Leerders wat nog graag in die juniorkoor wil sing, se ouers kan met Carinda Fourie in K6 kontak. Die Seniorkoor staan o.l.v. Annelie van Rooyen en Ester Boshoff, is daar om kinders lief te maak vir musiek, musikaal te ontwikkel en die vreugde en dissipline van koorsang te laat beleef. Onlangse Prestasies:
2005
Naaswenners by Tirisano Kunstefees. Goue sertifikaat by Super 12 kore wedstryd. Goud by ATKV Gekeur vir die Jeugkunstefees in die Staatsteater.
2006
Senior Koor Ons het die eer gehad om saam met Hennie Loock dirigent van die Tygerbergse Kinderkoor op 'n oefenkamp te gaan. Prestasie in 2006 Encore Super 12 en word uitgenooi na die Super 12 Gala-aand. Goud by ATKV Applous en is een van die 7 landswye finaliste in die Applous kompetisie. Sing saam met Pieter Smit. Verskeie koorfeeste - Hoƫrskool Seunsskool / Hoƫrskool Garsfontein, Laerskool Garsfontein, Laerskool Voorpos. Vir 2007 beplan ons 'n heerlike jaar vol harde werk en baie pret.